rising kids

Die hart van Rising Kids is om elke kind wat daar is van Jesus te leer. Elke kind te leer dat God ʼn plan met hulle lewe het, want Hy het hulle geskape. Ons rus hulle toe om self te kan bid en Bybel te lees asook om dissipels te maak. Ons leer hulle hoe belangrik aanbidding is, dat Heilige Gees binne hulle woon wanneer hulle hart vir Jesus gee en dat  daar verskillende gawes van die Gees is.  

Elke Sondag 09:00, gedurende skoolvakansies en langnaweke is Rising Kids gesluit.

Nodige Inligting

Kan my kind gedurende die diens, na my toe kom?

Ons gee nie om as jou kind na jou toe wil kom gedurende die diens nie, maar ons hart is heel eerste dat hulle saam die groep al die aktiwiteite sal doen.

Indien dit die kind se eerste keer by ons is, verstaan ons dat dit nuut & vreemd is en gee ons nie om as hy/sy terug na jou toe wil gaan gedurende die diens nie. Daar sal iemand wees wat hom/haar sal vat.

Vanaf watter ouderdom kan my kind na Rising Kids toe kom?

Vanaf 4 jaar.

Ons laat die Seniors (10j - 13j) saam die ouers in die kerk aanbid.  Na die aanbidding kom hul na die Rising Kids lokaal toe waar ons dan die les vir die dag behandel.

Wie kontak ek?

Simone Viljoen (Rising Kids Leier)

Watsapp: 076 795 2596

Email: simi@kruisgenerasie.co.za

KONTAK BESONDERHEDE

Middelburg

063 705 5437

wilma@kruisgenerasie.co.za
Posbus 632, Middelburg, 1050

kontak ons

Thank you! Your message has been sent.
Unable to send your message. Please fix errors then try again.
Scroll to Top