maatskaplik

Ons Maatskaplike departement is n departement met die hart om ons familielede wat baie swaar uit te help. Ons bied fisiese asook geestelike ondersteuning.

nodige inligting

Hulp word verleen

Ons Maatskaplike departement is hoofsaaklik daar om ons lidmate te help wat deur ‘n finansiële krisis gaan. Additioneel deel ons ook kos en klere uit vir wie ons sorg by die kerkkantoor op Woensdae. Ons het tans so 15 gesinne, sonder die daaglikse aanklop vir hulp, by die kerkkantoor. Ons wil jou nooi om betrokke te raak by die projek, want daar is altyd hande nodig. Ons wil jou nooi om betrokke te raak by die projek. Ons het altyd hande nodig maar ook nie-bederfbare kosse en produkte.

Hoe kan jy betrokke raak

Daar is verskeie maniere hoe jy betrokke kan word en sou jy meer inligting wil bekom kan jy die kantoor by 063 705 5437, tydens kantoor ure(8:00 - 13:00) skakel. Ons het ook ʼn maatskaplike boks in die kerk waarin die volgende items gelos kan word: nie-bederfbare kos, klere, komberse en skoonmaakmiddels.

KONTAK BESONDERHEDE

Middelburg

063 705 5437

wilma@kruisgenerasie.co.za
Posbus 632, Middelburg, 1050

kontak ons

Thank you! Your message has been sent.
Unable to send your message. Please fix errors then try again.
Scroll to Top