WIE IS ONS?

Die naam "KRUIS GENERASIE"

Die naam gee uitdrukking aan ons begeerte om by die kruis van Jesus elke dag, by elke plek en in elke verhouding stil te kom staan. Ons wil graag bekend staan as 'n Kruis Generasie.

Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.

1 Kor 1:18

Ons begeer om te sien dat mense se lewens radikaal sal verander om meer en meer soos Jesus Christus te word. Daarom beywer ons, ons nie net om te evangeliseer nie, maar ook om mense te leer om waardige dissipels van Jesus Christus te wees.