GEMEENSKAP

Ons as gemeente besef dat Gemeenskap die area is waarby ons juis moet betrokke wees.  Ons vra onsself konstant die vraag: "Sou ons Gemeente morĂª moet verdwyn sal die Gemeenskap dit agterkom en voel daar is `n verlies?"  As ons nee sou antwoord, mis ons ons roeping en moet ons herbesin waarmee ons besig is.

Ons bedien die gemeenskap op verskeie maniere deur betrokke te wees in areas van die gemeenskap waar ons voel ons kan `n bydra lewer soos

  • Die dwelm kommitee Carevillage
  • Die Middelburg Leeraarsforum wat weekliks bymekaar kom
  • Verder bedien ons by skole en ander gemeenskapsinstansies

Sou jy`n behoefte raaksien in die gemeenskap waar ons 'hande en voete' van Jesus kan wees kan jy ons gerus kontak.