EK IS NUUT

Ons is 'n gemeente met 'n mooi storie van God se sorg en liefde. Dit is ook nie 'n storie wat tot die verlede hoort nie, omdat God nog elke dag sy verhaal met ons skryf. Ons hoop u kom iets om hierdie storie agter in u kuier by ons. Ons wil sommer alle besoekers of voornemende lidmate uitnooi om deel te word van ons gemeente en om saam te help skryf aan 'n verhaal wat God eer. Ons is ook bly dat jy die Here saam met ons wil aanbid en dien. Ons wil graag op hierde webblad ons gemeente se verhaal en bedieningsfilosofie met jou deel. Wanneer 'n mens weet hoe 'n gemeente werk en hoekom dit so werk, is dit soveel makliker om 'n aanbiddingsruimte en bedieningsruimte te vind, en wees verseker hier is plek vir jou bediening!

Ons is 'n nuwe generasie wat opstaan in ons land. Ons kreet is Jesus! Ons harte is aan die brand en ons voete is bereid om te loop waar Jesus loop. Ons harte is bereid om te glo in God se Woord. So as jy deel wil wees van hierdie generasie wat by die Kruis elke dag, by elke plek, in elke verhouding wil leef - is jy op de regte plek? Waarom wag?

Maak sommer nou kontak met ons! My gebed vir jou is dat jy hier 'n veilige geesstelike tuiste sal vind, sodat jy in jou geloof grootliks sal toeneem, die wederkerige liefde van elkeen met wie jy te doen kry in hierdie familie groter sal ervaar en so elke dag sal leef met hierdie voorneme om 'n verskil te maak in hierdie wêreld waar jy leef.

Past Jan Matthysen

Hieronder is ‘n skakel direk na ons kantore.  Stuur jou inligting. Ons wil met jou in aanraking kom en een van ons Leierskap sal so gou moontlik reageer op jou e-pos

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.