#ROOTED - Kruisgenerasie Middelburg

By #Rooted is ons hart dat elke jongmens wat by ons kom kuier, deel is en n doel het. Ons begeerte is dat elke tiener Jesus Christus ontmoet, aangesig tot aangesig. Ons wil jou daar hê! Al is dit net jou gees wat nog jonk is en jy reg is vir n JOL!

Woensdae 18:30 - 20:30

Vrae wat gereeld gevra word

Ons hou daarvan om te speel en te lag! Alles wat ons doen, doen ons met n hart van vreugde. Ons “challenge” mekaar om groot en mal te wees. Maar dis nie al nie. Ons spandeer elke geleentheid by die voete van Jesus, ons begeerte is dat die tieners van Middelburg Hom sal ontmoet.

God het aan ons n belofte gegee dat herlewing gaan uitbreek onder die skole en dit is iets waarvoor ons die Here vertrou. Ons sien in ons geestes oë hoe die tieners van Middelburg by die duisende in verwondering sal staan van Jesus Christus.

Kruisgenerasie

Middelburg (013) 282 5167
Posadres: Posbus 632, Middelburg, 1050

 #ROOTED - Kruisgenerasie Middelburg