MUSIEKBEDIENING

Hoe word jy deel?  Kontak ons en skeduleer datum vir oudisie.  As jy die oudisie slaag, word jy dan deel van oefeninge op Donderdae aande.  Daar sal ‘n een-tot-een gesprek wees.  Na ‘n oefen periode van 3-4 weke sal jy op rooster ingedeel word vir bediening by ons dienste.  Multi Media - Ons benodig altyd Klankmanne en dames wat oor `n goeie oor en tegniese vaardighede beskik om die gehalte van ons klankuitsending te beheer.

Verder maak ons baie gebruik van Multi Media en rekenaarvaardiges kan gerus inskakel by die bediening. 

Ons neem ook die diens per kamera op vir ons KRUISKYK uitsending.  Kamerabeheer, mengwerk en algemene opstel word elke Sondag gedoen so kom raak deel as dit jou passie is.