MAATSKAPLIK

Ons Maatskaplike departement is daar om ons lidmate te help wat deur ‘n finansiële krisies gaan.  Ons het tans so 8 huisgesinne (sonder die daaglikse aanklop vir hulp by die kerkkantoor) in ons gemeente wat hulpbehoewend is en wat deur ons program ondersteuning kry met onder andere kos en basiese produkte . Ons wil jou nooi om betrokke te raak by die projek. Daar is seker verskeie maniere hoe jy betrokke kan wees en sou jy meer inligting wil bekom kan jy die Kantoor by 013 282 5167 tydens kantoor uure(8:00 - 13:00) skakel.

Ons het ook ‘n maatskaplike boks in die kerk waarby jy ons kan help om kos, klere, komberse, skoonmaakmiddels ens. in te gooi, sodat ons hulpbehoewende mense kan help