KINDERBEDIENING

Kruisgenerasie se kinderbediening is soveel meer as net 'n plek waar kinders opgepas en besig gehou word, sodat die ouers ongestoord in die kerk kan sit.  Dit is 'n volwaardige bediening waar elke kind op sy vlak bedien, geleer en toegerus word. Die Goeie Nuus van Jesus se Liefde en Plan vir elkeen van hulle word op 'n verstaanbare manier aan hulle verduidelik. Hulle leer om hulleself, hulle maats, die Bybel en meer as alles, Jesus, lief te kry en te geniet. 

Personeel:  KRUISKIDZ het 'n wonderlike span personeel wat in verhouding met God en elkeen van  die kinders staan.  Hulle skep 'n veilige omgewing waar kinders op 'n prettige manier van Jesus kan leer. Elke week word 'n les uit ons goed uitgewerkte kurrikulum op 'n kreatiewe manier aangebied.

Bedieningsgroepe:  Ons het tans Kinderkerk by albei ons 08:30 en 10:00 dienste. Ons volg `n KINDERKERK model. Ons begin met `n gesamentlike groot groep saamsing en opening en dan word die kinders in ouderdomsgroep verband opgedeel om sodoende op elke kind se vlak te kan bedien.   

Peuters (3-4 jr)
Kleuters (5-7 jr)
Graad 1 & 2
Graad 4 & 5
Graad 7 & 7

Raak betrokke: KRUISKIDZ verskaf ook bedieningsgeleentheid aan mense met 'n roeping op hulle lewe en 'n passie vir kinders om een tot twee keer per maand hulle lewens te kom deel as aanbieder of as spanlid. Kontak Kantoor by 013 282 5167 tydens kantoor uure (8:00 - 13:00) vir enige navrae of as jy deel wil word van hierdie dinamiese span wat kinders se lewens verander.