DAMESBEDIENING

Kruisgenerasie se damesbediening is 'n lieflike geleentheid vir vrouens van alle ouderdomme om saam te gesels en saam te groei.  Dis 'n plek waar jy dalk as vreemdeling mag instap, maar verseker as vriendin sal uitstap.   Dis 'n veilige omgewing waar vrouens met vrymoedigheid hulle harte en lewens kan kom deel.  Daar is verskeie geleenthede waar jy kan inskakel om deel te vorm van `n groep wat jou pas. 

Twee keer `n jaar is daar `n groot geleentheid soos `n Damestee oggend saam spesiale sprekers. So hou die Kalender dop.  Sou jy meer wou uitvind oor die bediening kan jy die Kantoor skakel by 013 282 5167 tydens kantoor uure(8:00 - 13:00)